August 30, 2010

Vertrou jy jou mechanic? Moenie.

So toe besluit ons om self die Palio te service aangesien Fiat R2800 wil vra vir die diens en die spares maar R650 kos. Plus, dit kan nie seer maak om bietjie iets self te doen nie.

Ook maar goed, want behalwe vir die erg vuil air filter, kry ons toe ook een spark plug wat een of ander poephol skeef ingedraai het. Moenie vra hoe de hel kry 'n ou dit reg nie, maar iemand het!

Gevolg is daai spark plug sit toe baie vas en daar's nie genoeg plek om die ding vir die plug spanner om hom mooi te vang nie. Ek dink dis dalk hoekom die dink nog nooit vervang was nie. Of ten minste Baie lank terug vervang was.

Laat mens wonder. En dit bevestig net weereens dat jy nie die donners kan vertrou waar jy jou kar los nie. Dealer of nie. Jy weet, hulle stuur kamma altyd die "ou spares" saam huis toe as bewys dat hulle dit vervang het, maar in die laaste 120 000km, hoeveel keer dink jy was hierdie spark plug al vervang?


No comments:

Post a Comment