August 24, 2010

Stone Haven Breakfast Run - 22 Aug 2010

Ons het die oggend bymekaar gekom by Bateman se hoof hek aangesien meeste van die bikers daar werk en hulle dit gereel het.



Van daar af het ons aan beweeg na Heidelberg waar ons nog 'n paar ouens ontmoet het. Ons kon vinnig sien daar's meer as 26 bikes soos afgespreek was. Hulle bel to solank Stone haven om te laat weet ons sal meer soos 35 mense wees as 26.










Van daar af ry ons toe vaaldam se kant toe oppad Vanderbijlpark toe waar Stone Haven is. Ons het by die damwal gestop om vir 'n paar ouens te wag wat agter geraak het as gevolg van 'n timing belt wat gebreek het of iets.









By Stone Haven was ons heel verbaas om te sien hulle het vir ons 'n hele deel van die resurant bespreek met bordjies wat aandui "Bateman Club" sit hier. Hulle doen allerande events daar en ek dink dis 'n ideale plek vir verjaardag partytjies, ook vir kiddies met hulle groot speel area vir kleuters. Ek sal beslis terug gaan!














No comments:

Post a Comment